エピソード

  • Geseënd is dié wat huil || Na-Leef Gedagte || 19 Maart 2026
    2026/03/19

    Treur is treurige woord. Dit klink te abstrak, te stil, te onsintuiglik, te innerlik. Huil is ’n tragies tasbare woord. Dit is meestal sigbaar, hoorbaar, kan selfs geproe word. Wanneer jy iemand vashou wat huil kan jy die ontsteltenis fisies voel. Huil is lastig lyflik. Hierdie week wonder ek oor Jesus se onverwagse “Geseënd is die wat treur…” in die lig van al nege die saligspreuke en vertaal dan die gedagtes in korter poëtiese gedagtes…

    続きを読む 一部表示
    7 分
  • Gelukkig is jy wat huil || Na-Leef Gedagte || 18 Maart 2026
    2026/03/18

    Treur is treurige woord. Dit klink te abstrak, te stil, te onsintuiglik, te innerlik. Huil is ’n tragies tasbare woord. Dit is meestal sigbaar, hoorbaar, kan selfs geproe word. Wanneer jy iemand vashou wat huil kan jy die ontsteltenis fisies voel. Huil is lastig lyflik. Hierdie week wonder ek oor Jesus se onverwagse “Geseënd is die wat treur…” in die lig van al nege die saligspreuke en vertaal dan die gedagtes in korter poëtiese gedagtes…

    続きを読む 一部表示
    6 分
  • Wie help jou om mens te word? || Na-Leef Gedagte || 12 Maart 2026
    2026/03/12

    Loop ons die gevaar om ons menslikheid te verloor? Wat kan ons as die volgelinge van die God-wat-mens-word daaraan doen?

    続きを読む 一部表示
    7 分
  • 'n Sodat/Omdat Benadering || Na-Leef Gedagte || 05 Maart 2026
    2026/03/04

    Ons hele wêreld is gebou en gerat op hierdie sodat-benadering. Dit maak dit moeilik om die omdat-lewe wat Christus vir ons kom gee te aanvaar, te onthou en na te leef. Pieter deel sy gedagtes na aanleiding van die afgelope Sondag se preekboodskap.

    Leef jy sódat…of ómdat?

    続きを読む 一部表示
    9 分
  • In Wording || Na-Leef Gedagte || 25 Februarie 2026
    2026/02/25

    Kinders raak soms goed kwyt of vang onbesonne dinge aan…en ons glimlag en dink “Siestog, hulle is nog net kinders, hulle leer nog, hulle is nog in wording.” Ons maak spasie vir hierdie ‘wording’ se vrae, wonder en foute. Ons moedig dit selfs aan.

    Maar is groot-mense regtig afgehandel, wanneer ons so vol kritiek, foutlose perfektheid van mekaar verwag?

    続きを読む 一部表示
    10 分
  • As Woensdag || Na-Leef Gedagte || 18 Februarie 2026
    2026/02/18

    As-Woensdag begin met “Onthou jy is stof” en ’n as-kruis-merk op jou voorkop of pols.

    Hoekom?

    続きを読む 一部表示
    10 分
  • Sielsverlange || Na-Leef Gedagte || 11 Februarie 2026
    2026/02/11

    Hoekom word sekere ervarings - van musiek, tot geregte, tot mense, tot plekke - as sielvol beskryf en ander nie? Waak miskien vir ’n oomblik, as ’n oorgestimuleerde wese, daarteen om te besef dat dit by sielvol nie noodwendig gaan oor nuwe ervarings of blootstelling nie. Dit gaan dalk juis nie oor novelty se verleiding nie, maar oor ’n oer-roering wat jou stroop van al die toevoegsels wat ons met lewe verwar. Dit het dalk juis met minder as met meer te doen, met gestroop as met nog en nog en nog…Dis meer soos om ’n ou hout tafel te restoureer en jare lange verf-lae sorgvuldig af te stroop om die grein, geur, kleur, die karakter en oorsprong vry te laat as om ’n nuwe gadget of laag verf op die tafel aan te bring.

    続きを読む 一部表示
    11 分
  • Veelkleurige diversiteit | met Helené Smit || Na-Leef Gedagte || 04 Februarie 2026
    2026/02/04

    ’n Gesprek wat jou nooi om saam te dink oor die skepping in al sy diversiteit. Pieter gesels met Helène Smit.

    "Kom ons gesels saam oor die prentjies wat ons het van mekaar wat ons nie eens altyd besef nie. Dalk mekaar wat ons nie eens altyd besef nie. Dalk help dit ons om saam die volheid van God se skepping te ontdek. Natuurlik is hierdie tipe gesprekke soms ongemaklik. En as jou huis en omgewing 'n veilige spasie is waar jy nie regtig hoef te kies vir ongemak nie, kan ons dit maklik vermy. Maar verloor ons nie dan 'n stuk van God se "voluit lewe" geskenk nie?” - Helène

    続きを読む 一部表示
    26 分